AL DIE FEESTE WYS NA JESUS – DEEL 5: DIE FEES VAN DIE WEKE

Het jy al ooit gehoor van “Counting the Omer” (Die Omer tel)?   Van die Sondag van Eerste Vrugte af, beveel God Sy mense om sewe weke af te tel tot by die Fees van Weke (Shavuot in Hebreeus, wat weke beteken, Levitikus 23:16).  Hierdie fees is ook bekend as Pinkster (Pentecost in engels, met pente wat 50 beteken), want dit is 50 dae sedert die Fees van Eerste Vrugte.  Pinkster is die tyd toe God Sy Heilige Gees op die gelowiges uitgestort en vir hulle Sy krag gegee het om ‘n nuwe lewe in die Messias te lewe en die evangelie na die hele wereld te neem.  Shavuot (Fees van weke) getuig van die bymekaarmaak en insluiting van heidene in die Nuwe Verbond. Jesus het vir 40 dae op aarde gestap nadat Hy uit die dood uit opgestaan het.  Die Joodse volk het ‘n goeie idee hoe lank dit is, want dit val in hulle tyd van die Omer tel vir die 50 dae tussen Pasga en Pinkster en elke jaar word die Omer deur hulle getel.  Wat is ‘n omer?  ‘n Omer is ‘n eenheid van maat en is ongeveer drie en ‘n half liter of net meer as vyftien koppies droee kommoditeit.  In hierdie geval, gort.  Soms word ‘n omer vertaal as gerf aangesien dit ongeveer die hoeveelheid is van gort of graan wat jy nodig het om in ‘n gerf te bondel.  Die instruksie is dus om ‘n omer, gerf of gort voor die Here te waai en dan sewe weke te tel totdat die koring oes ryp is en die fees van Weke arriveer.  God het vir die Joodse mense ‘n interne klok gegee en ‘n goeie sin van hierdie tydraam.  Besef jy dat hierdie die lengte van tyd is tussen die opstanding en die dag wat God Sy Heilige Gees tydens Pinkster uitgestort het, die Fees van Weke?  Hy was gekruisig tydens Pasga en het opgestaan op die oggend van die derde dag wanneer die aftel begin, en opgevaar tien dae voordat die Heilige Gees uitgestort was by die Fees van Weke.  Vir 40 van daardie 50 versigtig afgetelde dae, het Jesus rondgeloop in Sy opgestane liggaam, tyd by Sy vriende spandeer, saam met hulle geeet, met hulle gepraat, hul selfs laat skrik van tyd tot tyd, veral aan die begin.  Vir 40 dae was Hy tussen hulle, waar Hy hulle geleer het oor die Koninkryk van God en verduidelik het hoe Hy die profesiee vervul het en toe vaar Hy op na Sy plek aan die regterhand van die Vader ‘n week voor Pinkster.  Interessant, elke keer wanneer gort in die Bybel genoem word, is dit in die konteks van oorwinnig en/of voorsiening.  Dit is ‘n baie goeie beskrywing van Jesus se reddende werk toe Hy gesterf en opgestaan het tydens Pasga.  Probeer gerus om die ‘omer te tel’ vir jouself deur die dae te merk vanaf Pasga tot Pinkster (Die Fees van Weke) en kry so ‘n tasbare gevoel van presies hoe lank dit was wat ons opgestane Here die aarde bewandel het, nadat Hy die dood vir ons almal oorwin het.

Hierdie Lente feeste is almal gekonnekteer en afhanklik van mekaar en die basis en fondasie is die bloed van die lam.  Al die ander Lente Feeste maak staat op wanneer die nag van Pasga val.  Ongesuurde brood volg die Pasga seder, en Eerste Vrugte val op watter ookal Sondag volgende kom….en Shavuot is getel sewe weke daarna.  Maar dit hang alles aan daardie nag van bloed op die deurrame.  Die eet van ongesuurde brood van ‘n berouvolle lewenstyl het geen waarde sonder die verlossing van bloed nie.  Die Pasga en die verlossing van bloed moet eers kom en word gevolg deur die toerusting van die Gees om ons te help om ons nuwe lewens in Hom uit te stap.  So is al hierdie Lente feeste vervul in baie opsigte in die eerste koms van Jesus.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui