Emosies is iets waaroor ons bitter min gesels. Ons is of té skaam daaroor, of té bang daarvoor. Ons is van kleins af geleer om ons traantjies te sluk, nie kwaad te word nie en ons word aangemoedig om “sterk te staan” in moeilike tye. Werk dit? Nee, nie regtig nie. Ons is stadig maar seker om emosioneel-stomp mense te word, terwyl God ons nie gemaak het om so te wees nie.

Spoiler-alert: Jesus was ‘n baie emosionele mens! 

In #emosies101 gesels ons oor emosies as sulks, maar ook oor ‘n paar spesifieke baie moeilike emosies. Ons kyk elke keer na die DNA van die emosie, die Bybelse waarhede daaroor en praktiese riglyne oor hoe om die betrokke emosie te bestuur.