Hoe lyk dinge nou?

Die gemeente wat sy staan alreeds 60 jaar gelede in die vallei gemaak het, en terugkyk op ‘n mooi en ryke geskiedenis, beleef nou ‘n nuwe bloeitydperk en daar is ‘n nuwe droom van hoop en herlewing wat opflikker! In hierdie nuwe tyd wil die gemeente graag bekendstaan as die Simondium Gesinskerk. Sy eredienste is familiegeïntegreerd met ‘n spesifieke fokus op kinders.

Hoe lyk die toekoms?

Die Simondium gemeente bevind hom reg in die middel van groot en groeiende eiendomsontwikkelings soos Val de Vie, Pearl Valley en Uitgezocht. Omdat die Privaatskool Pierre Simond feitlik op ons drumpel lê en omdat daar groot uitbreidings aan die skool voorsien word, het die gemeente homself eintlik alreeds begin voorberei vir ‘n sterk jeugbediening! Ons het op 19 Januarie 2020, vir ds. Nadia Muller bevestig in ‘n volle leraarspos.