In die haas en geraas van die lewe, begin dit amper voel of ons buite ons eie lywe begin leef en presteer. Hierdie retraite is ‘n uitnodiging om vir ‘n oomblik op te hou en tot diep stilstand te kom – om in begeleide stilte weer te luister na dit wat saak maak, en om opnuut te ontdek wie jy is by God.
Oor die paar dae by die pragtige Andrew Murray Sentrum in Wellington word ruimte geskep vir ‘n besondere en heilige ontmoeting – deur begeleide stilte, rus en teenwoordig word in jou eie lyf.
Datum
04 – 06 September 2026
Begin
Vrydag 18:00
Aandete
Einde
Sondag ~10:00
Koste
R1 850 per persoon
Sluit in: 2 nagte verblyf, alle etes en verversings
