As Ma’s is ons elke dag besig om lief te wees vir die mense in ons lewens, ons mans, kinders, vriendinne, familie, ens. Dalk is dit ook nodig dat ons ‘n slag kyk na hoe ons liefgehê word.
AMSS nooi jou uit om vir ‘n oggend ‘n afspraak na te kom met jou Eerste liefde en Koning. Hy kan nie wag dat jy die afspraak na kom nie. Soos met enige afspraak gaan daar tyd wees vir stiltes en rus, wedersydse gesprek, om mekaar se harte te hoor en weer op nuut te ontdek hoekom jy vir Hom lief is. Ons gaan deur die verhaal van Hosea leer ook hoe lief Hy jou het.
1 Johannes 4:19 “Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het.”
Hooglied 4:9 “Jy het my hart gesteel, my beminde bruid, jy het my hart gesteel met een kyk van jou oë.”
Dit retraite word gehou by die AMSS (Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit) in Wellington. Daar is ‘n keuse tussen Donderdag 19 of Saterdag 21 Oktober. De Retreat sal 9:00 begin en teen 15:00 klaar maak. Kostes beloop R250 wat middagete, koffie en tee insluit. Daar is ‘n beperkte aantal kaartjies beskikbaar.
Ds./vrou/mamma van 2 Laerskool dogtertjies Nadia Muller sal die retraite lei.
Vir enige navrae en besprekings kontak asb. die AMSS sentrum by:
TEL: 021 873 2151
E-MAIL: admin@andrewmurraysentrum.co.za
