Ons gemeente beleef ‘n groot herlewing en ons beleef baie intiem hoe die Here ons daagliks vorm. Ons wil mekaar sonder voorwaarde liefhê en aanvaar. Ons wil mekaar help dra aan swaarkry. Ons wil saam die Here se wil soek, vir ons wêreld en ons gemeente. Ons wil gesinne bemagtig en aanmoedig om iets van die Drie-Enige God se verhouding (Vader, Seun en Heilige Gees) te weerspieël in hul daaglikse saam-leef. Ons wil mense omhels wat nie ‘n geestelike familie het nie. Ons wil grense afbreek en werklik inklusief wees. Ons wil groei – nie in getalle nie, maar in deernis, diepte en kennis van God.