As ma’s, is ons elke dag besig om lief te wees vir die mense in ons lewens – ons mans, kinders, vriendinne, familie, ens. Dalk is dit ook nodig dat ons ‘n slag kyk na hoe ons liefgehê word.
Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit nooi jou uit om vir ‘n oggend ‘n afspraak met jou Eerste liefde en Koning na te kom. Hy kan nie wag dat jy die afspraak na kom nie. Soos met enige afspraak gaan daar tyd wees vir stiltes en rus, wedersydse gesprek, om mekaar se harte te hoor en weer op nuut te ontdek hoekom jy vir Hom lief is. Ons gaan deur die verhaal van Hosea ook weer herinner word hoe lief Hy jóú het.

1 Johannes 4:19 –  “Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het.”
Hooglied 4:9 – “Jy het my hart gesteel, my beminde bruid, jy het my hart gesteel met een kyk van jou oë.”

Dit retraite word gehou by die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit in Wellington. 

Daar is ‘n keuse tussen Donderdag, 19 of Saterdag, 21 Oktober. Die retraite sal 9:00 begin en teen 15:00 klaar maak. Kostes beloop R250, wat middagete, koffie en tee insluit. Daar is ‘n beperkte aantal kaartjies beskikbaar.


Leraar, vrou en mamma van 2 laerskool dogtertjies, Nadia Muller sal die retraite lei.

Vir enige navrae en besprekings kontak asb. Die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit by:

TEL: 021 873 2151
E-MAIL: admin@andrewmurraysentrum.co.za